Eeufees.
Tóé GROEN. Steeds GROEN.
Vir ‘n 100 jaar immergroen.
Die afgelope honderd jaar doen ons wat ons moet doen.
Dit maak nie saak wat RHS moes trotseer nie: die gevolge van die Tweede Wêreldoorlog of droogtes of mynbou-onrus of Covid-19. Ons wortels is diep geanker en daarom vrees ons nie die storms nie. Hoë bome vang die meeste wind, maar omdat ons weet wie ons is en Wie ons geroep het en hoekom ons hier is, kielie die wind bloot ons blare.
RHS berei jaarliks die grond voor en plant en gee water en kunsmis. Ons is elke jaar opgewonde oor die potensiaal van ‘n goeie oes en deur die genade sien ons jaar na jaar die goeie vrug wat ons handewerk kenmerk. RHS beleef verskillende seisoene en tog bly ons immergroen. Ons verloor nie ons blare nie, want ons het altyd meer om te gee. Ons bly groen, groener, groenste, want ons lewe met ons hande en ons harte na Bo.
Ons verloor nie ons visie of ons doel voor oë nie. Ons hou nie vas aan die verlede nie, maar sien reikhalsend uit na môre, want ons is hoopgewers. Ons dryf in die waarmaak van drome. Ons gee vlerke. Ons is skeppers en kunstenaars van ‘n beter toekoms deur ander vir ander.
Om groen te wees beteken ons staan altyd weer op. Ons probeer altyd weer. Ons hersien ons planne. Ons verskerp ons fokus om hoër te vlieg en vinniger te hardloop en beter resultate te behaal. Want dit is wie ons is. Daar is geen einde aan ons zest vir die lewe en ons RHS-mojo nie. Ons is nie groentjies nie, maar ewig groen. Kom staan langs ons. Staan vierkantig vas, want hier blom ons waar ons geplant is.


Eeufees Reünienaweek

Revue

Immergroenfees

Eeufees Gala-aand
Eeufees-reünienaweek
Beste oud-Rusties,
Ons is almal baie opgewonde oor ons Eeufees-reünienaweek wat plaasvind die naweek van die 2de en 3de September, 2022.
Ons deel graag met jul wat ons beplan:
Vrydagaand, 2 September
Jaargroepe, enige oud- Rustie en oud-Rustie onderwysers kan saam kom kuier by die skool. Ons span areas af waar elke jaargroep saam kuier om die vure.
Dit gaan ‘n feestelike aand wees waarna ons uitsien. Vure, vermaak, tafels en stoele sal deur die skool voorsien word. Dit is ‘n bring-en-braai en elke jaar groep reël ook onder mekaar hulle eie bykosse.
U is welkom om die skoolterrein te besigtig en om al die nuwe veranderinge te beskou asook om die museum te besoek.
Saterdag, 3 September
Is ons Immergroen-fees en gaan ‘n geleentheid wees wat nie gemis wil word nie!
Kunstenaars soos Heuwels Fantasties, Jakkie Louw en band, Poppekas en vele meer tree deur die dag op. Die fees begin alreeds om 10:00 die oggend en duur tot laat aand. Daar gaan merkwaardige uitstallers en heerlike kosstalletjies wees. Kaartjies vir die geleentheid sal op I-Tickets te koop wees teen R200 vir volwassenes, R150 vir o. 18, gratis vir o. 4. (Beskikbaar vanaf Junie)
Vir albei geleenthede is oud en jonk welkom!
Rustie-groete
Besprekings
Besprekings vir die Reünie-bywoning kan gedoen word op die google vorm soos hier onder aangedui:
Besprekingsvorm
U kan ook by die organiseerder groep inskakel deur gebruik te maak van die onderstaande skakel:
Skakel hier in
Navrae
Vir enige navrae is u welkom om vir Nerina Odendaal te kontak per e-pos by projekte@hsrtb.co.za of 0741860479.
Eeufees Borge


E-POS: rhs@hsrtb.co.za
TEL: 014 592 1365/6
Hoek van Kock- en Von Wiellighstraat, Rustenburg, Noord-Wes, 0300