Leierskap.
Die Rustieraad bestaan uit graad 12 leerders. Die raad word bestuur deur twee Rustieraadsvoogde in samewerking met die Voorsitters van die raad. Die raad bestaan uit ses komitees wat elk deur sy eie komiteevoorsitter bestuur word.
Verteenwoordigende Leerderraad
Hierdie raad se formaat is dieselfde as die Rustieraad vir elke graad vanaf graad 8 tot graad 11.
Elke graad se raad word bestuur deur die graadhoof en graadvoog van die raad. Elke graadraad het ook ses afdelings soos die Rustieraad. Elke raad werk nou saam met sy Rustieraad se raad.


E-POS: rhs@hsrtb.co.za
TEL: 014 592 1365/6
Hoek van Kock- en Von Wiellighstraat, Rustenburg, Noord-Wes, 0300