Old Boys.

Die RHS Old Boys’ Club (ROBC) het ‘n werklikheid geword! 

Na afloop van die Old Boys’-rugby wat in 2021 plaasgevind het, was daar groot navrae oor die stigting van ‘n RHS Old Boys’ Club by Rustenburg Hoërskool. Dit sal die eerste in die geskiedenis wees vir ‘n Rustenburgse skool. 

Die stigterslede het besluit om die klub tot stand te bring sodat minder van ons topsportkinders opgeraap word en verskuif na skole in die stad. Ons visie en missie is om borgskappe aan besonder talentvolle leerders te bied en ook om RHS se tradisies weer van topgehalte te maak. 

Met hierdie skrywe wil ons so veel as moontlik oud-Rustiemans kry om deel te vorm van die ROBC. Ons beoog om ‘n klubhuis bo die ou Klub 500 te bou. Daar is alreeds goedkeuring deur die skool gegee om die klubhuis daar op te rig. 

Die ROBC funksioneer onafhanklik van die skool met hulle eie komitee en konstitusie. 

Die ROBC sal ook gebruik word vir netwerk tussen oud-Rusties om mekaar te ondersteun in die besigheid waarin hulle is. 

Ons glo en vertrou dat u baie gretig is om deel te vorm van hierdie inisiatief en dat ons, as oud-Rustiemans, die verskil kan maak in ons gemeenskap. 

Vir enige navrae of meer inligting kontak rustiebond@hsrtb.co.za per e-pos

ROBC Lidmaatskap

ROBC Lewenslange Lidmaatskap

R20 000
  • Dit sluit die ROBC-blazer asook alle jaarliks betaalbare ledegeld in.
  • Daar is slegs 50 lewenslange lidmaatskappe te koop by RHS Old Boys.