Rustie-Opedag 2023.
JOU TOEKOMS BEGIN HIER!
Die Rusties se OPEDAG vindplaas Woensdag, 24 Mei 2023 by die Rusties. Kom kyk hoe ons JOU toerus om JOU toekoms te bou.
Daar is GEEN plek soos die Rusties nie. Hoërskool Rustenburg is geleë teen die hange van die Magaliesberge. Dié boom-skool se wortels is al 101 jaar diep geanker in ons Rustie-waardes. Respek, uitnemendheid, selfdissipliene, toewyding, integriteit, empatie en selfstandigheid is die karaktereienskappe van ‘n ware én trotse Rustie. Die Rusties is ‘n skool wat bou op trots en positiewe tradisies, waar ons streef om gebalanseerde individue met karakter te ontwikkel wat wêreldgeskiendenis kan beїnvloed. Dis hier, by die Rusties, waar jy jouself ontdek en leer ken deur aktief deel te neem aan sport, kultuur, akademie, sosiale en geestlike aktiwiteite.
Die Rusties is meer as net ‘n skool, dis ‘n leefstyl, ‘n familie waar ons saamstaan, sterkstaan en vir dít wat reg is, opstaan. Hier leef ons die leuse uit, Nosce te Ipsum- ken jouself.


E-POS: rhs@hsrtb.co.za
TEL: 014 592 1365/6
Hoek van Kock- en Von Wiellighstraat, Rustenburg, Noord-Wes, 0300