Skoolgeld.
‘n Begrotingsvergadering met ouers is op Maandag 23 November 2021 gehou en besluite rakende die skoolgeld vir 2022 is as volg:
Betaalwyse van skoolgelde:
- Skoolgeld vir 2022 is R23 915 (drie en twintig duisend nege honderd en vyftien rand) per leerder, betaalbaar as volg:
- Eerste paaiement van R3 910 (drie duisend een honderd en vyf en dertig rand) betaalbaar voor/op die 7de Januarie 2022.
- Tien paaiemente van R2 080,00 (twee duisend nege en tagtig rand) elk, maandeliks vooruitbetaalbaar voor/op die 7de dag van elke maand.
- Skoolgeld vir 2022 sluit die kostes van werkboeke in en gevolglik sal werkboeke nie meer soos in die verlede apart gehef word nie. Verlore handboeke sal egter nog gehef word.
- Neem asseblief kennis dat die volgende resolusie tydens die begrotingsvergadering met ouers op 23 November 2021 goedgekeur is:
- In die geval van ouers wat versuim om enige betaling stiptelik voor of op die 7de van elke maand te maak, behou die Hoërskool Rustenburg die reg voor om die onmiddellike betaling van die totale bedrag skoolgeld verskuldig vir die hele 2021 skooljaar op te eis.
- Kragtens Art 41(5)(a) van die skolewet moet die verskuldigde skoolgelde binne 3 maande na uitreik van ‘n eisbrief, vereffen word. Indien verdere versuim van betaling geskied, mag Hoërskool Rustenburg betaling met ‘n regsproses afdwing.
Ouers wat skoolgeld vooruit betaal, kwalifiseer vir die volgende korting:
- Op volle skoolgeld eenmalig betaal (reeds ontvang in die skool se bankrekening) voor/op 28 Februarie 2022 word R585 (vyf honderd vyf en tagtig rand) korting toegestaan.
- Korting vir 3 of meer kinders per gesin:
- ‘n Derde kind R243,75 (twee honderd drie en veertig rand en vyf en sewentig sent) korting per maand vir 10 maande Februarie tot November uitgesluit Januarie skoolgeld.
- ‘n Vierde kind R292,50 (twee honderd twee en negentig rand en vyftig sent) korting per maand vir 10 maande Februarie tot November – Januarie se skoolgeld uitgesluit.
Dit is belangrik dat ouers na die volgende heffings op die rekeningstate sal let:
- Enige uitstaande handboeke van 2020 word gehef teen R330 (drie honderd en dertig rand) per handboek.
Aansoeke vir Vrystelling
- Alle ouers sal verplig wees om skoolgeld te betaal tensy hulle ooreenkomstig die bepalings van die Skolewet vrygestel is.
- Aansoeke vir vrystelling van skoolgeld in 2021 sluit 28 Februarie 2021. Neem asseblief kennis dat daar jaarliks opnuut vir vrystelling aansoek gedoen moet word. Vorms vir vrystelling moet persoonlik deur die ouers by die finansiële kantoor afgehaal word. Skakel gerus die finansiële kantoor by (014) 592 1364/5/6. Die kontakpersoon is Hantie Meyer.
Elektroniese Inbetalings vir Skoolgelde
(OTM-oorplasings, direkte of interne bankdeposito’s)
- Gebruik slegs u kind se rekeningnommer as verwysing wanneer skoolgeld betalings gedoen word. Vir navrae oor die rekening-besonderhede en verwysing, kan u gerus die finansiële kantoor kontak by (014) 592 1364/5/6, kontakpersoon Meyer Meyer.
- U word versoek om die bewys van betaling te faks na (014) 592 7647 of te e-pos na hantie@hsrtb.co.za.
Ons ontvang talle deposito’s op ons bankstate wat geen verwysings het nie. Korrekte allokering kan nie gedoen word, indien u nie die korrekte verwysing gebruik nie. Kontak asseblief die finansiële kantoor om u verwysing te kontroleer. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir foutiewe inbetalings nie.
Invorderingsbeleid
Indien ʼn ouer versuim om die skoolgeld te vereffen, nie ʼn reëling vir die betaling daarvan te tref, of agterstallig raak, is die volle uitstaande skoolgeld onmiddellik opeisbaar en betaalbaar. Die rekening sal aan ʼn prokureur of skuldinvorderaar oorhandig word. Ouers sal dan verantwoordelik gehou word vir alle opsporingskoste, invorderingskoste asook prokureurs- en/of kliëntekoste.
Die skool se bankbesonderhede is:
Rekeningnaam: Hoërskool Rustenburg
Bank: ABSA Bank Rustenburg
Tjekrekening nommer: 1220 390 337
Takkode: 334 246
Verwysing: Leerder se rekeningnommer
Koshuisgelde 2022
Koshuisgelde vir 2022 beloop R42 460.00 per jaar met etes ingesluit.
Hierdie bedrag is bereken, per Departementele kalender op die werklike aantal skooldae in 2022 waartydens u kind koshuisverblyf benut. Vir u gerief word die bedrag vir betaling versprei oor 11 maande in 11 gelyke paaiemente. Die maandelikse huur beloop dus R3 860.00/maand vanaf Januarie 2022 tot November 2022 betaalbaar voor/op die 7de van elke maand.
Neem kennis: Bogemelde bedrae sluit alreeds vakansietye uit.
Koshuis Dagstudente 2022
Dagstudente wat van koshuisverblyf gebruik wil maak en ‘n kamer wil bespreek. Die kwartaallikse huur vir 2020 beloop R800.00/per kwartaal per leerder. Bedrae is vooruitbetaalbaar en geen kamersleutel sal in ontvangs geneem word voordat die tarief betaal is nie.
Elektroniese Inbetalings vir Koshuisgelde
(OTM-OORPLASINGS/DIREKTE OF INTERNE BANKDEPOSITO’S)
Gebruik slegs u kind se rekeningnommer as verwysing wanneer koshuisgeld betalings gedoen word. Vir navrae oor die rekeningbesonderhede en verwysings, kan u gerus die finansiële dame (Rita Visser) kontak by (014 592 1366).
U word versoek om die bewys van betaling te faks na 014 592 7647/epos na rita@hsrtb.co.za.
Korrekte allokering kan slegs gedoen word indien u die korrekte verwysingsnommer gebruik. Die koshuis aanvaar geen verantwoordeliheid vir foutiewe inbetalings nie.
BANKBESONDERHEDE
Rekeninghouer: Hoërskool Rustenburg Koshuise
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 4064 717 207
Tak kode: 633 656
Verwysingsnommer: Leerder se rekening nommer
Aansoekvorms/kontrakte is verkrygbaar by Rita Visser. Dit moet asseblief volledig ingevul word en saam met die toepaslike dokumente ingehandig word.


E-POS: rhs@hsrtb.co.za
TEL: 014 592 1365/6
Hoek van Kock- en Von Wiellighstraat, Rustenburg, Noord-Wes, 0300