Sosiaal.

Sommige mense noem dit G-E-E-S, maar ons noem dit RUSTIE-GEES!

Die Rusties bied verskeie sosiale geleenthede aan om van dag een af #RustieTROTS en eenheid te kweek. Daar word jaarliks deur die sosiale raad verskeie sosiale geleenthede gereël en organiseer nl.:
• Groot Geraas
• Sosiale week
• Die “Oscars”
• Vinnige Vleisie Vrydag
• Karaoke-geleenthede

Groot Geraas

Die Groot Gerase is daar om die skool voor groot sportbyeenkomste op te sweep en om te spog met die sportspanne wat deelneem. Hierdie Donderdagaande is propvol graaduitdagings en –kompetisies, oorverdowende massas Rusties wat kompeteer om hul graad se gees te verteenwoordig. Selfs ons onderwysers – jonk en oud – huiwer nie om te wys hoe groen hul bloed pomp nie!

Sosiale Week

Sosiale week is ‘n geleentheid waar die sosiale raad dagaktiwiteite tydens pouses hou om te sien wie die meeste #RustieGEES het. Tydens die sosiale week is daar temas soos bv. “enige iets behalwe ‘n skooltas” en “enige iets behalwe skoolskoene”.

Vinnige Vleisie Vrydag
Vinnige Vleisie Vrydae is een Vrydag per kwartaal waar al die grade kyk wie se vleis – en gees – die sappigste is. Jy bring jou gasbraaier en jou vleisie terwyl jy tydens ʼn lang pouse met jou vriende kuier. Hier het almal dan een ding in gemeen: Die hoendervleislekkerwete dat RHS definitief bewe van gees!
Cheerleaders

Die cheerleaders is amper so belangrik vir ‘n eerstespanwedstryd soos wat die kaptein is! Hulle sorg altyd vir #RustieGEES langs die veld tydens ons tuissportbyeenkomste.

Die Troepe

Die Troepe, ook bekend as die manne met die meeste #RustieGEES in die skool, is verandwoordelik vir alle Rustie-geesvangaktiwiteite. Vanaf die Groot Geraas tot ons geheimsinnige Massabank is die Troepe heel voor besig om “die GROEN bom” uit volle bors te sing.