Aktiwiteite.
Geestelik.
Die Rusties erken almal se vryheid tot geloof, die diversiteit daarvan en die waardigheid van alle mense.
Die Rusties glo dat enige personeellid en leerder sy of haar geloof mag bekendmaak by die skool en het vryheid van spraak sonder om dit af te dwing op ander, en ook om leerders en personeellede van alle gelowe met met respek te behandel.
By Hoërskool Rustenburg skep ons geleenthede vir leerders om vrywillig deel te neem aan verskeie godsdiensaktiwiteite en ondersteun leerders van alle geloofsoortuigings.
Tans is daar eenmaal ‘n jaar ‘n kruisweek wat deur die godsdiensraad georganiseer word en tydens die week is daar aktiwiteite soos Praise en Worship, die bonfire-aand en Gig kuiers.
Maatskaplike Ondersteuning
Die Rusties wil graag help om elke leerder die nodige hulp te bied sodoende om op skool te vorder. Dit sluit die volgende ondersteuningsmaatreëls in:
- Klerebank – Kontak me. Magda Schutte vir skenkings of behoeftes
- Kospakkies – Kontak me. Ciske Alberts vir hulp of skenkings
- Toiletware – Toiletware word op ‘n maandelikse basis versprei. Gaan direk na graadvoog om pakkie te ontvang
- Emosionele ondersteuning – Emosionele ondersteuning word gratis aan leerders verskaf deur me. Elmarie Venter – ‘n traumaterapeut
- Bloedskenk– Daar is 4 bloedskenkgeleenthede per jaar waartydens die SANBS die skool besoek. Leerders ouer as 16 word aangemoedig om die gewoonte van gereelde bloedskenk te kweek.
Liefdadigheidsprojekte
Die Rusties neem deel aan verskeie liefdadigheidsprojekte per jaar:
- Toiletware “deur Rusties vir Rusties”
- Hospice
- Kersfees uitreik per graadgroep
- Skryfbehoefte projek
Kultuur.
Hoёrskool Rustenburg is nie vir niks in 2019 aangewys as die beste kultuur skool in die land
nie! Hier strek ons #RustieTalent wyd en syd- daarom bied ons 9 verskeie kultuur aktiwiteite
waar leerders hul self kan uitleef sowel as hul kulturele talente ontwikkel en bevorder.
Voormalige #Kultuur Rustie-Reuse
Bernice West – Liedjieskrywer en Sanger
Jannes Erasmus – Skrywer vir KykNET
Renier West – Liedjieskrywer en sanger vir Rooksein
Hennie Human – Televisiedraaiboekskrywer
Evert Snyman – Kinderstories-skrywer
Johan Botha – Internasionale sanger
Marno van der Merwe – Akteur
Mervin Marvey – Internasionale sanger
Jan Snyman – Televisie-sportaanbieder
Michiel Steenekamp – Televisie-nuusaanbieder
Pieter Cilliers – Televisie-programvervaardiger
Robert Young – Televisie omroeper en aanbieder
Prof Bernarda Vorster – NWU-leraar
Agter die Groen Gordyn
Kontakpersoon: Me. Rachelle Bezuidenhout
Kontakbesonderhede: rachelleb@hsrtb.co.za
Debat
Die Rusties is bekend as die grootste mededingende Afrikaanse debatskool in die land. Daar is jaarliks van ons junior en senior debatspanne wat in die landsfinaal praat.
Prestasie:
2022
- 7 debatspanne dring deur na die ATKV-landsfinaal
- 3 Rustie-debatspanne dringdeur na die ATKV-debatlandsfinaal
- 8 Rustie-debatspanne dringdeur na die ATKV-debat semifinaal
2021
- 6 debatspanne kwalifiseer vir die ATKV-landsfinaal (weens COVID-19 het die landsfinaal nie plaasgevind nie)
- 3 Junior spanne
- 3 Senior spanne
2019
- Seniors (Frans van Schalkwyk en Jaco Kruger) wen die landsfinaal
- Frans van Schalkwyk word aangewys as die beste senior debatteerder
- 2 Junior spanne dring deur na die ATKV-landsfinaal en eindig algeheel 4de en 5de
Neem deel aan:
- ATKV-debat
Kontakpersoon: Me. Hanli de Kok
Kontakbesonderhede: kultuur@hsrtb.co.za
Koor
Die Rustie-koor bestaan uit 80 leerders met goue stemme! Die koor neem jaarliks aan verskeie groot koorfeeste en kompetisies deel. Dit het nou al ‘n “tradisie” geword vir die Rustie-koor om jaarliks ‘n video opname te maak (soos ons bekende cover van Bohemian Rhapsody)
Kontakpersoon: Me. Madeleen Koch
Kontakbesonderhede: madeleenk@hsrtb.co.za
Landsdiens
Landsdiens is ‘n kultuur organisasie waar die Rusties aktief bou aan die vier pilare waarop hierdie beweging gebou is nl.
- Liefde vir God.
- Liefde vir die medemens.
- Liefde vir die natuur
- Liefde vir arbeid.
By landsdiens word daar deurlopend gemeenskapsprojekte gedoen, natuur ervarings geskep, aktief uitgereik na ons medemens en minder bevoorregtes sowel as die bewaar van die natuur in ons onmiddellike omgewing. Provinsiale en Nasionale kampe bied geleentheid om landswyd betrokke te wees. Daar is ook elke jaar toekennings aan mees betrokke lede en uitnemende leerders kwalifiseer vir nasionaal erkende Springbok toekenning.
Kontakpersoon: Me. Corrien Steenkamp
Kontakbesonderhede: corriens@hsrtb.co.za
Mnr. & Mej. Rustie
Mnr en Mej Rustie is een van die Rusties se spoggeleenthede. Trotse Rusties bou hul karakter, klim uit hul boksies en leer ‘n danspassie of twee. Die perfekte voorbeeld van waar kultuur, sport en akademie bymekaar uitkom. Boonop reik die finaliste uit na die gemeenskap. Die Rusties bied keer op keer ń
Die Rusties se huidige Mnr en Mej Rustie is
- Mnr Rustie : Jurie Blignaut
- Mej Rustie : DeNicke Pretorius
helpende hand en dis ń voorreg om terug te ploeg.
Kontakpersoon: Leana Sharp
Kontakbesonderhede: leanas@hsrtb.co.za
Redenaars
So Rustie se bek kort jam! Ons lewer jaarliks sterre op wat ons skool verteenwoordig tydens die ATKV-landsfinaal.
Prestasie:
2022
- 7 Rustie-leerders dring deur na die ATKV-Redenaars landsfinaal
- Rapelang Leshomo eindige algeheel 1ste tydens die ATKV-redenaarslandsfinaal (Gr. 8-9 beste taalgebruikwenner)
- Heike Marx eindig algeen 1ste in die ATKV-redenaarslandsfinaal (Gr. 8-9 onvoorbereid)
- Reghard Pieterse eindig algeheel 3de in die ATKV-redenaarslandsfinaal (Gr. 10-12 onvoorbereid)
2021
- 3 Rustie-leerders dring deur na due ATKV-Redenaars landsfinaal
- 5 Rusties eindig onder die top-10 in die NW-provinsie
2019
- 4 Rustie-leerders dring deur na die ATKV-Redenaars landsfinaal
Neem deel aan:
- ATKV-redenaars
Kontakpersoon: Me. Suné van Emmenis
Kontakbesonderhede: svanemmenis35@gmail.com
Revue
Die Rusties sorg elke tweedejaar vir ‘n skouspel-revue week propvol klank, kleur en beweging. Revue is een van die baie kultuur geleenthede waar die Rusties hul liefde vir sang, dans en toneel kan uitleef. Tydens 2022 hou die Rusties hul Eeufeesrevue wat beslis een vir die boeke gaan wees.
Prestasie:
2022
- Die Eeufeesrevue het al drie aande uitverkoop.
- Die Eeufeesrevue maak sy verskyning op nuutste KyKNet NOU program : Trend
Toneel
Dis by die Hoёrskool Rustenburg waar leerders aan ‘n globale teaterervaring blootgestel word. Die Rustie-teaterliefhebbers word die geleentheid gegun om draaiboeke te skryf, af te rig en toneel te speel onder leiding van ons topklas Rustie-personeellede. Die Rusties neem jaarliks deel aan verskeie
Toneel 2022 prestasie:
- Verower 19 goud tot silwer sertifikate tydens die ATKV-streeksuitdunne
Kontakpersoon: Me. Rachelle Bezuidenhout
Kontakbesonderhede: rachelleb@hsrtb.co.za
Voortrekkers
Die Rustie-voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat vir ons jeug die geleentheid skep om hulself te leer ken, die natuur te ondek en deel te word van ‘n span. Sodoende om positiewe Burgers te word en hul roeping deur diensbaarheid uit te leef in #RustieLand
Prestasies:
Tydens 2022 is daar 5 Rusties wat die Presidentsverkennereksamen slaag.
Kontakpersoon: Me. Manda Nelson
Kontakbesonderhede: mandan@hsrtb.co.za
Sosiaal.
Die Rusties bied verskeie sosiale geleenthede aan om van dag een af #RustieTROTS en eenheid te kweek. Daar word jaarliks deur die sosiale raad verskeie sosiale geleenthede gereël en organiseer nl.:
• Groot Geraas
• Sosiale week
• Die “Oscars”
• Vinnige Vleisie Vrydag
• Karaoke-geleenthede
Groot Geraas
Die Groot Gerase is daar om die skool voor groot sportbyeenkomste op te sweep en om te spog met die sportspanne wat deelneem. Hierdie geleenthede is propvol graaduitdagings en –kompetisies, oorverdowende massas Rusties wat kompeteer om hul graad se gees te verteenwoordig. Selfs ons onderwysers – jonk en oud – huiwer nie om te wys hoe groen hul bloed pomp nie!
Sosiale Week
Sosiale week is ‘n geleentheid waar die sosiale raad dagaktiwiteite tydens pouses hou om te sien wie die meeste #RustieGEES het. Tydens die sosiale week is daar temas soos bv. “enige iets behalwe ‘n skooltas” en “enige iets behalwe skoolskoene”.
Vinnige Vleisie Vrydag
Vinnige Vleisie Vrydae is een Vrydag per kwartaal waar al die grade kyk wie se vleis – en gees – die sappigste is. Jy bring jou gasbraaier en jou vleisie terwyl jy tydens ʼn lang pouse saam met jou vriende kuier. Hier het almal dan een ding in gemeen: Die hoendervleislekkerwete dat RHS definitief bewe van gees!
Cheerleaders
Die cheerleaders is amper so belangrik vir ‘n eerstespanwedstryd soos wat die kaptein is! Hulle sorg altyd vir #RustieGEES langs die veld tydens ons tuissportbyeenkomste.
Die Troepe
Die Troepe, ook bekend as die manne met die meeste #RustieGEES in die skool, is verandwoordelik vir alle Rustie-geesvangaktiwiteite. Van die Groot Geraas tot ons geheimsinnige Massabank is die Troepe heel voor besig om “die GROEN bom” uit volle bors te sing.
Sport.
By die Hoërskool Rustenburg bied ons 15 verskeie groot en klein sportsoorte aan. Ons glo daarin om geleenthede vir leerders te skep om hulle talente te ontdek en ontwikkel deur vir iedere en elk maksimum geleenthede en blootstelling te skep. Ons topklas fasiliteite, kwaliteit afrigters en deelname aan topligas help ons om die doelwit te bereik.
Voormalige Rustie-reuse
Sunette Viljoen – Wêreldspiesgooikampioen & Protea krieketspeler
Paul Botha – Junior Olimpiese Kampioen
Nicola van der Merwe – Suidelike Halfrondkampioen
Johannes Hopley – Junior Wêreldskyfwerp Kampioen
Christiaan Krone – Springbokatleet
Anton Kruger – Springbokatleet
André van Heerden – Springbokatleet
Dwaine Pretorius – Protea Krieketspeler
Theunis Bezuidenhout – Professionele Speler
Renske Stoltz – Protea netbalspeler
Maronel Scherman – Provinsiale Speler
Tiaan Bezuidenhout – Provinsiale Speler (Luiperds)
Walt Steenkamp – Provinsiale Speler (Luiperds)
Johan Jackson – Provinsiale Speler (Pumas)
Louis Fouché – Provinsiale Speler (Bulle)
Neetling Fouche – Provinsiale Speler (Bulle & Stormers)
Jakes Swart – Provinsiale Speler (Vrystaat)
Gerrie Theron – SA-skolespeler
Morné Engelbrecht – SA-skolespeler
Gerhard Mosterd – Springbok nommer 830
Drikus Hattingh – Springbok nommer 568
Jana Coetzee – SA 50m Vlinderslagkampioen
Sport by RHS
Atletiek
Hoërskool Rustenburg neem jaarliks aan verskeie topatletiekbyeenkomste deel.
Prestasies van die afgelope 3 jaar:
- 2de op Noordwes Interhoër
- 3de op Super Interhoër Afdeling B
- 15 Noordwes-atlete na SA-Skolekampioenskappe
- 6 Medaljes op die SA’s
- 45 Noordwes-atlete na SA’s
Neem deel aan/byeenkomste:
- NWU Top 10
- UJ Top 15
- NW-Interhoër
- NWU-Pukke Interskole Atletiek B-bond
Kontakpersoon: Danelle Bicsshoff
Kontakbesonderhede: atletiek@hsrtb.co.za
Bergfiets
Prestasies van die afgelope jare:
- 2 ryers in top-15 tydens die SA-kampioenskap
- 8 Ryers verower provinsiale kleure
Neem deel aan:
- Tour de Bos
- Tour de Mielie
- Tour de Dam
Kontakpersoon: Lizca van Deventer
Kontakbesonderhede: sport@hsrtb.co.za
Boogskiet
Boogskiet het in 2011 as amptelik sportsoort by Hoërskool Rustenburg begin. Ons spog met meer as 60 Rustie-skuts. Die sport is so gewild by ons, dat ons ons eie boogskietbaan op die skoolgronde het.
Prestasies van die afgelope jare:
- 10 skuts opgeneem in die Noordwes-span
- 9 jaar opeenvolgend SA-wenners
- Beste NASP SA-eenheid van 2019
Neem deel aan:
- Boogskiet is ʼn sport wat deur die jaar aan onderskeie kompetisies in en om die dorp deelneem, om sodoende te kwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe.
- Talle skuts word gekies as “All Stars”, wat Suid-Afrika verteenwoordig in Amerika.
Kontakpersoon: Lizca van Deventer
Kontakbesonderhede: sport@hsrtb.co.za
Gholf
Prestasies van die afgelope jare:
- 2 spelers verwerf Noordwes-kleure
- NWU Prestige-sportreeks:
- Junior span goud
- Senior span silwer
- Algehele wenners
- 1ste span eindig 2de in die Noordwes-liga
- 2de span eindig 1ste in die Noordwes-liga
- Junior span eindig 3de in die Noordwes-liga
Neem deel aan:
- NWU Prestige-sportreeks
- Noordwes skole-liga
- Toernooie in die provinsie om te kwalifiseer om die Noordwes-provinsie by nasionale toernooie te verteenwoordig
Kontakpersoon: Lizca van Deventer
Kontakbesonderhede: sport@hsrtb.co.za
Gimnasium
Die Rusties het ‘n topklas gimnasium op die skoolterrein wat in 2022 gerestoureer en opgegradeer is. Die gimnasium het twee voltydse sportkondisioneerders wat deurlopend tydens die sportseisoen ons atlete gekondisioneer hou. Die gimansium bevat verskeie gehalte toerusting soos “scrum master”-masjiene, ń rekstudio, “assault”-fietse en ń kardio-afdeling om net ‘n paar te noem.
Maandlikse lidmaatskap fooi:
Leerders:
- R75 per maand
- 10 maande kontrak
- Leerders wat in span verband oefen betaal nie ‘n maandlikse fooi nie, slegs wanneer die leerder addisioneel wil oefen, moet hy/sy aansluit by die gimnasium.
Personeel:
- R50 per maand
- 10 maande kontrak
Publiek:
- R150 per maand
- 10 maande kontrak
Kondisioneerders:
- Corrie Olwagen
- Ethan Ballot
Kontakbesonderhede: gimnasium@hsrtb.co.za
Hokkie
Hoërskool Rustenburg het beide dogtershokkiespanne en seunshokkiespanne. Ons spog ook met ons eie Astrobaan wat so doende bydra tot die ontwikkeling van ons leerders se fiksheid en hokkievaardighede.
Prestasies van 2022
- Dogtershokkie:
- 4 Noordwes-speelsters
- 3 spanne dring deur na Noordvaal
- 6 spanne dringdeur na die Noordvaalhokkietoernooi
- o. 16A-hokkiedogters kom algeheel 2de in Noordvaal
- Seunshokkie:
- 7 Noordwes-spelers
- 3 seunsspanne dring deur na Noordvaal
- Eindig algeheel 2de in die NWU Prestige-sportreeks
Neem deel aan:
- NWU Prestige-sportreeks
- Noordwes Platinum Liga
Kontakpersoon: Colin Mendoza
Kontakbesonderhede: hokkie@hsrtb.co.za
Krieket
Hoërskool Rustenburg spog met ‘n uitstekende krieketakademie wat al vir jare gevestig is en groot krieketname opbring. Ons het seunskrieketspanne sowel as dogterskrieketspanne.
Prestasie(s) van die afgelope 3 jaar:
- 6 provinsiale Noordwes-spelers
- Rico Fryer SA o. 17 TAP in 2020 en 2021: 6 provinsiale Noordwes-spelers
- 5de in die Finsbury-reeks
Neem deel aan/byeenkomste:
- Noordvaal Superliga, streek A- en B-liga
Kontakpersoon: Jan van Staden
Kontakbesonderhede: krieket@hsrtb.co.za
Landloop
Landloop is die perfekte geleentheid vir leerders om individueel en in ‘n spanverband deel te neem.
Prestasies van die afgelope jare:
- 2022 – Algeheel 8ste in die NWU Prestige-sportreeks
- 2021 – Algeheel 6de in die NWU Prestige-sportreeks
Neem deel aan:
- Noordwes-ligas
- NWU Prestige-sportreeks
- ASA-ligas om te kwalifiseer vir SA’s
- Prestige-landloop Aflosaande
Kontakpersoon: Lizca van Deventer
Kontakbesonderhede: sport@hsrtb.co.za
Netbal
Hoërskool Rustenburg het dertien netbalspanne wat jaarliks aan verskeie toernooie en ligas deelneem. Ons netbalspanne woon verskeie kursusse tydens die vakansie by, ter bevordering van hulle spel en spandinamika. Hier skep ons die geleentheid vir elkeen om deel te neem, deur om B-en C-ligaspanne te hê.
Prestasies van die afgelope 3 jaar:
2022
- 26 provinsiale speelsters
- RHS is Bojanala ligawenners
- NW kampioenskap:
- o. 14A – Wen die liga
- o. 15A – Naaswenners
- o. 16A – Naaswenners
- o. 17A – Naaswenners
- 1ste span- Wen die liga
- Eindig 2de in die NWU Prestige-sportreeks
- o. 14 6de op SA’s
- o. 15 9de op SA’s
- o. 16 9de op SA’s
- o. 17 17de op SA’s
- 1ste-span 6de op SA’s
2021
- o. 16 A silwer medalje op SA-kampioenskappe
2019
- eindige RHS 3de in Suid-Afrika
Neem deel aan:
- NWU prestige-sportreeks
- Bojanala-liga
- Twizza-toernooi
- SA Best Schools
- Affie-toernooi
- Wildeklawer toernooi
Kontakpersoon: Lizca van Deventer
Kontakbesonderhede: sport@hsrtb.co.za of netbal@hsrtb.co.za
Onderwaterhokkie
Hoёrskool Rustenburg spog as die enigste publieke skool met ‘n ingeboude onderwaterhokkiebaan. Die Rusties lewer vier Springbokke op wat aan die junior Wêreldkampionskap gaan deelneem.
Prestasies van die afgelope jare:
2019
- Seuns wen die SA-kampioenskappe
- Verwerf 2 Goue medaljes en ‘n silwer medalje op Fin-swimming
Neem deel aan:
- SA-kampioenskappe
- Fin Swimming
Kontakpersoon: Lizca van Deventer
Kontakbesonderhede: sport@hsrtb.co.za
Rugby
Daar is topklas verwikkelinge by Hoërskool Rustenburg se rugby. Hoërskool Rustenburg spog met tien rugbyspanne. Tydens 2022 hou die Hoërskool Rustenburg hulle eerste Eeufeesbosveldtoernooi waar top skole regoor Suid-Afrika genooi word om teen mekaar deel te neem.
Prestasies van die afgelope jaar:
2022
- 23 spelers verteenwoordig in die Luiperdstrukture
- Eindig 2de in die NWU Prestige-sportreeks
- Walt Steenkamp, oud-Rustie, speel vir die URC Bulle
- Ruwald van der Merwe, oud-Rustie, speel vir die PUMA Curriebeker
- Andre Fouche, oud-Rustie, speel vir die PUMA Curriebeker
- Neethling Fouche, oud-Rustie, speel vir die URC Stormers
- 2 spanne speel in die Noordvaalbeker finaal
- 4 spanne dringdeur na die Noordvaalbeker semifinaal
- Eindig 2de in die Plaatafdeling: Noordvaalbeker
2021
- 47 spelers verteenwoordig in die Luiperdstrukture
- Michael Pieterse behaal uitsonderlike prestasie as o. 18 en word verkies tot die SA top 45
Neem deel aan:
- NWU Prestige-sportreeks
- Noordvaalbeker
Kontakpersoon: Naas Olivier
Kontakbesonderhede: rugby@hsrtb.co.za
Ruiterkuns
Sommige mense noem dit kuns, MAAR die Rusties noem dit Ruiterkuns! Ons ruiters neem deel aan verskeie byeenkomste regdeur die jaar om te kwalifiseer vir SA’s.
Prestasies van die afgelope 3 jaar:
2019
- 10 ruiters verwerf Noordwes-kleure tydens 2019
Neem deel aan:
- Die ruiters neem aan vier kwalifiserende kampioenskappe deel wat tydens die jaar op verskeie plekke aangebied word.
Kontakpersoon: Lizca van Deventer
Kontakbesonderhede: sport@hsrtb.co.za
Skaak
Hoërskool Rustenburg spog met twee uitsonderlike skaakspanne.
Prestasie(s) van die afgelope jaar:
2022
- Algeheel 7de uit 13 skole by die NWU-Prestige sportreeks
2021
- 5 spelers neem deel aan die Suid-Afrikaanse Junior kampioenskappe tydens
Neem deel aan:
- NWU-Prestige sportreeks
- Bojanala-liga
Kontakpersoon: Lizca van Deventer
Kontakbesonderhede: sport@hsrtb.co.za
Swem
Swem is ‘n sport wat regdeur die jaar plaasvind. Die Rusties spog met ons eie 25m swembad op die skoolterrein.
Prestasies van die afgelope jaar:
2022
- Eindig tweede tydens die NW-Interhoër
- Twee swemmers van die Hoërskool Rustenburg kwalifiseer om aan die SANJ (SA Junior en Senior Nasionale kampioenskap) te gaan deelneem ter Port Elizabeth
- Twee swemmers van die Hoërskool Rustenburg kwalifiseer om aan die SARJ (SA Regional Juniors swemkampioenskap) te gaan deelneem
- Oud-Rustie, Pieter Coetzee, verteenwoordig Suid-Afrika tydens die 2022 Commonwealth Games
Neem deel aan:
- Interhuis
- Noordwes-skolekampioenskappe
- SA Vlak 1,2 en 3 kampioenskappe
Kontakpersoon: Lizca van Deventer
Kontakbesonderhede: sport@hsrtb.co.za
Tennis
Die Rusties het 6 tennisbane met ‘n splinternuwe klubhuis wat in 2023 op die been gaan wees.
Prestasies van die afgelope jaar:
2022
- NWU Prestige-sportreeks
-
- Juniors- eindig 3de
- Seniors- eindig 4de
Neem deel aan/byeenkomste:
- NWU Prestige-sportreeks
- Noord Wes-liga
- Cradock-toernooi
- Individuele deelname aan Noordwes- en TSA
- BNP PARIBAS
- Semifinale
- Finale
Kontakpersoon: Lizca van Deventer
Kontakbesonderhede: sport@hsrtb.co.za


E-POS: rhs@hsrtb.co.za
TEL: 014 592 1365/6
Hoek van Kock- en Von Wiellighstraat, Rustenburg, Noord-Wes, 0300