Rustiebond.

Rustiebond

Die nuutgestigte Rustiebond is ‘n opwindende inisiatief waar die ondersteunersklub en die oudskolierebond (“Old Boys”) besluit het om kragte saam te snoer met die uitsluitlike doel om die Hoërskool Rustenburg te ondersteun deur middel van die insamel van fondse spesifiek vir die ontwikkeling van fasiliteite en ter bevordering van kultuur en sport. Met u betrokkenheid en insette wil ons die voortbestaan van waar u voetspore lê, vasmessel in ‘n nalatenskap van ‘n uitmuntende Afrikaanse hoërskool in die Bosveld. Ons wil graag al ons oudskoliere, ouers, en vriende, op hoogte hou van wat gebeur, sodat elkeen weer die gees van Rustie-wees kan BELEEF!

Ons is geweldig opgewonde om Hoërskool Rustenburg se aanlynportaal aan u bekend te stel. As oudskolier, ouer of ondersteuner, nooi ons u graag uit om te registreer en só deel te word van die Rustie-familie.

Op die portaal gaan u ou vriende vind, nuwes maak, met ander kommunikeer, op datum bly met reünies en RHS se nuutste nuus kan lees.

Hoe u bydrae ‘n verskil gaan maak

Indien jy bereid is om ‘n finansiële bydrae tot die Rustiebondbeursfonds te maak deur ‘n behoeftige leerder te ondersteun, stel dit ons in staat om te voorsien in die meer as 20%-hulpbehoewende leerders se behoeftes en skoolfonds. Hierdie leerders, van wie die meeste uit agtergeblewe omstandighede kom, is hoofsaaklik afhanklik van bydraes van die res van die ouers van die skool.

Daar is egter verskeie ander maniere waarop Alumni hul Alma Mater kan ondersteun in sy strewe na uitnemendheid. Bydraes kan wissel van tyd en kundigheid tot finansiële bydraes en skenkings van toerusting, produkte en dienste. Indien jy op enige ander wyse ‘n bydrae kan lewer, rig ‘n e-pos aan rustiebond@hsrtb.co.za

Sluit aan by die Rustiebond

Sluit aan by die Rustiebond met 3 eenvoudige stappe:

  1. Besluit op die korrekte lidmaatskapopsie
  2. Betaal die lidmaatskapfooi
  3. Stuur asseblief bewys van betaling aan rustiebond@hsrtb.co.za

Rustie-alumni/vriende.

Oudskoliere is daardie persone wat Hoërskool Rustenburg met opleiding, vaardigheid, kennis en ondervinding, wat tog die hoofdoel van ons skool is,  verlaat en dan by die Alumni aansluit.

Alumni & Vriende is die belangrikste produk van ons skool. Hul betrokkenheid by die buitewêreld is ‘n vergestalting van die vaardighede wat hulle op skool bekom het. Hulle beklemtoon die skool se profiel.

Alumni & Vriende vergestalt die skool se rekord, reputasie en uitmuntendheid. Dus is oudskoliere die sigbaarmaking van die skool se waardes, etos en dienslewering aan die gemeenskap.

Redes waarom ons u benodig
  • Alumni & Vriende is nodig om die oud-Rusties se belangstelling in en verbintenis met die skool se aktiwiteite aan te wakker en uit te bou.
  • Alumni & Vriende se diverse agtergronde, beroeps- en sosiale affiliasies en kennis plaas oudskoliere in ‘n goeie posisie om tot die skool en sy verskeie aktiwiteite by te dra.
  • Menige oudskoliere gee van hul tyd, geld of kennis om beter geleenthede en vrugbare ondervindings vir die toekomstige generasies te verseker en dus word ‘n nalatenskap gevestig. Ons doelwit is dus om ‘n wedersydse ondersteuningsnetwerk en “kultuur van terugploeg” te bewerkstellig.
Wie mag aansluit as Rustie-alumni/vriende?
  • Alle oud-rustie-leerders
  • Huidige Rusties
  • Rustie-personeel
  • Oud-personeel
  • Huidige BL-lede
  • Oud-BL-lede
  • Voornemende ouers
  • Vriende in die Rustie-gemeenskap

In kort – almal wat deel wil word van die Rustie-familie.

Ledevoordele

Lede kan uitsien na van die volgende voordele (om net ‘n paar te noem): 

  • Toegang tot die Rustiebondklerereeks, 
  • Toegang tot die Danie Greyling Klubhuis tydens sekere geleenthede/funksies.
  • Elke nuwe lid ontvang ʼn lidmaatskapsknoppie met ‘n unieke lidnommer wat u in staat stel om hierdie voordele by skoolgeleenthede te geniet.

    Rustie-alumni/vriende lidmaatskapopsie:

    Old Boys.

    Die RHS Old Boys’ Club (ROBC) het ‘n werklikheid geword!

    Na afloop van die Old Boys’-rugby wat in 2021 plaasgevind het, was daar groot navrae oor die stigting van ‘n RHS Old Boys’ Club by Rustenburg Hoërskool. Dit sal die eerste in die  geskiedenis wees vir ‘n Rustenburgse skool.

    Die stigterslede het besluit om die klub tot stand te bring sodat minder van ons topsportkinders opgeraap word en verskuif na skole in die stad. Ons visie en missie is om borgskappe aan besonder talentvolle leerders te bied en ook om RHS se tradisies weer van topgehalte te maak.

    Die ROBC funksioneer onafhanklik van die skool met hulle eie komitee en konstitusie.

    Die ROBC sal ook gebruik word vir netwerk tussen oud-Rusties om mekaar te ondersteun in die besigheid waarin hulle is.

    Ons glo en vertrou dat u baie gretig is om deel te vorm van hierdie inisiatief en dat ons, as oud-Rustiemans, die verskil kan maak in ons gemeenskap. 

    Vir enige navrae of meer inligting kontak rustiebond@hsrtb.co.za per e-pos.

    ROBC Lewenslange Lidmaatskap

    R20 000
    • Dit sluit die ROBC-blazer asook alle jaarliks betaalbare ledegeld in.
    • Daar is slegs 50 lewenslange lidmaatskappe te koop by RHS Old Boys.