Kultuur.

Hoёrskool Rustenburg is nie vir niks in 2019 aangewys as die beste kultuur skool in die land
nie! Hier strek ons #RustieTalent wyd en syd- daarom bied ons 9 verskeie kultuur aktiwiteite
waar leerders hul self kan uitleef sowel as hul kulturele talente ontwikkel en bevorder.

Voormalige #Kultuur Rustie-Reuse

Bernice West – Liedjieskrywer en Sanger

Jannes Erasmus – Skrywer vir KykNET

Renier West – Liedjieskrywer en sanger vir Rooksein

Hennie Human  –  Televisiedraaiboekskrywer

Evert Snyman – Kinderstories-skrywer

Johan Botha – Internasionale sanger

Marno van der Merwe – Akteur

Mervin Marvey – Internasionale sanger

Jan Snyman – Televisie-sportaanbieder

Michiel Steenekamp – Televisie-nuusaanbieder

Pieter Cilliers – Televisie-programvervaardiger

Robert Young – Televisie omroeper en aanbieder

Prof Bernarda Vorster – NWU-leraar

Agter die Groen Gordyn

Wat skuil agter die groen gordyn? ‘n Aand van skaterlag, rustie-talent, drama, monoloë, dialoë en sketse. 

Debat

Rusties word in dieselfde asem genoem as die grootste mededingende Afrikaanse debatskool in die land. Daar is jaarliks van ons junior en senior debatspanne in die landsfinaal. 

Tydens 2022 is daar 7 debatspanne wat deurdring na die landsfinaal by ATKV-Buffelspoort.

Koor

‘n Lewende bewys dat die lewe ‘n fees is, is die 80 lede van die Rustiekoor. Die koor toer jaarliks en neem aan koorfeeste en kompetisies deel. Ons het ‘n baie begaafde koorleier en het in 2012 ons eerste CD opgeneem. As gevolg van die dinamiese aard van die koor is hulle tweede cd in 2017 opgeneem en is hulle reeds besig met hulle 3de CD.

Landsdiens

Ons is die grootste Hoërskoolklub in Noordwes en provinsiale en nasionale kamp gangers hou ons naam hoog. Die Rusties lewer gereeld Landsdiens-Springbokke op.

Mnr. & Mej. Rustie

Skoonheid en talent met ‘n verskil. Twintig finaliste wat gemeenskapsprojekte loods. Mnr. en Mej. Rustie is beslis die skool se beste ambassadeurs!

Onnerieboomfees

Dit is die kultuur hoogtepunt op die skoolkalender. Die kultuurraad kry die geleentheid om die Rustie-kultuur te laat kook vir ‘n week lank. Daar is liriekerumoer, potjiekos en stoepstories, Rustie-Sêr en die Dagjolyt. ‘n Geleentheid waar die Rusties saamgesnoer word.

Redenaars

Ons lewer jaarliks sterre op wat ons skool verteenwoordig op landsfinaal. Tydens 2022 is daar 20 leerders wat deur dring na die volgende rondte van die ATKV-redenaars.

Revue

Elke tweede jaar sorg die Rusties vir ‘n skouspel van kleur en klank en beweging. Toneel, sang en dans word saamgevoeg om ‘n onvergeetlike produksie op te lewer.

Toneel

Rusties neem deel aan ATKV-tienertoneel en wen gereeld pryse.

Voortrekkers

Die Rustie-voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat vir ons jeug die geleentheid skep om hulself te leer ken, die natuur te ondek en deel te word van ‘n span. Sodoende om positiewe Burgers te word en hul roeping deur diensbaarheid uit te leef in #RustieLand 

Tydens 2022 is daar 5 Rusties wat die Presidentsverkennereksamen slaag.