Die naweek van 2 – 3 September 2022 het die Rusties hulle 100ste bestaanjaar op die regte wyse gevier !
Vrydagaand, 2 September 2022, het die Rusties hulle Eeufeesmassareünie gehou waar daar oor die 1 300 oud-Rusties opgedaag het om saam met mekaar te kuier. Dit was ‘n spogaand propvol emosie en herinneringe van die boomskool wat teen die hange van die Magalies geleë is. Die volgende oggend, Saterdag 3 September 2022, het die Rusties afgeskop met hul Immergroenfees. Die program het bestaan uit plaaslike vermaak deur George Klopper, Freckled Elvis, Shakira Peach en Rustenburg laerskole. Die feesgangers het gegons oor die unieke handgemaakte en kosstalletjies wat tydens die fees uitgestal het. Later die aand is die feesgangers vermaak deur musiekgroepe soos, Jakkie Louw en Die Heuwels Fantasties. Die Immergroenfees was nie net ‘n feesviering van die Rusties se 100ste bestaanjaar nie, maar ook ‘n fondsinsameling vir die skool.