Immergroenfees en Massareünie

by Admin
15 Jun 2022

Die naweek van 2 – 3 September 2022 het die Rusties hulle 100ste bestaanjaar op die regte wyse gevier !

Vrydagaand, 2 September 2022, het die Rusties hulle Eeufeesmassareünie gehou waar daar oor die 1 300 oud-Rusties opgedaag het om saam met mekaar te kuier. Dit was ‘n spogaand propvol emosie en herinneringe van die boomskool wat teen die hange van die Magalies geleë is.  Die volgende oggend, Saterdag 3 September 2022, het die Rusties afgeskop met hul Immergroenfees. Die program het bestaan uit plaaslike vermaak deur George Klopper, Freckled Elvis, Shakira Peach en Rustenburg laerskole. Die feesgangers het gegons oor die unieke handgemaakte en kosstalletjies wat tydens die fees uitgestal het. Later die aand is die feesgangers vermaak deur musiekgroepe soos, Jakkie Louw en Die Heuwels Fantasties. Die Immergroenfees was nie net ‘n feesviering van die Rusties se 100ste bestaanjaar nie, maar ook ‘n fondsinsameling vir die skool.

Immergroenfees

Massareünie

Meer Rustie Nuus

Eeufees Gala-aand

Eeufees Gala-aand

Hoërskool Rustenburg Eeufees Gala-aand Kom vier 100 jaar saam by ons spoggerige Eeufees Gala-aand met vermaak deur Bottomless Coffee. Waar: Hedgehog's Nest, Rustenburg Wanneer: 28 Oktober 2022 Tyd: 18:30 vir 19:00 Bespreek by Nerina Odendaal -...

read more
OUD-RUSTIES TUIS AS RHS ONNIES

OUD-RUSTIES TUIS AS RHS ONNIES

Die amper 100 suksesvolle jare van die skool se bestaan sou nie moontlik wees sonder Rusties se ervare onderwysers nie. Interessant genoeg is heelwat van die Hoërskool Rustenburg se personeel voormalige Rusties. Ons het meer gaan uitvind oor hoekom hulle by hul...

read more