OUD-RUSTIES TUIS AS RHS ONNIES

by Admin
15 Jun 2022

Die amper 100 suksesvolle jare van die skool se bestaan sou nie moontlik wees sonder Rusties se ervare onderwysers nie. Interessant genoeg is heelwat van die Hoërskool Rustenburg se personeel voormalige Rusties. Ons het meer gaan uitvind oor hoekom hulle by hul almater kom aansluit het as onderwysers.

Juffrou Anske Bourne (23) het in 2012 die skool binne gestap en in 2016 gematrikuleer. Sy het hokkie gespeel, was deel van die landsdiensbestuur en was ook hoofdogter van RHS. “Die skool beteken ongelooflik baie vir my. Dit is die plek waar ek myself ontdek het, geleer het om my vlerke te sprei en om groot te droom,” verduidelik sy.

Meneer Tristen Bourne (23) het in 2016 gematrikuleer. Hy het die volgende te sê gehad oor hoekom hy teruggekom het na die groen skool: “Dit is ‘n voorreg om by een van die beste skole in die land te werk. Die skool het ongelooflike potensiaal.” Hy was deel van RHS se koor en het ook hokkie gespeel. Juffrou Anske en meneer Tristen het in matriek ontmoet en vier jaar later is hulle getroud.

Dan het ons vir juffrou Kayla Bezuidenhout (24) gaan vra hoe RHS haar as mens beïnvloed het: “As ek aan die skool terugdink, onthou ek beslis my vriende, want dis waar ek my lewenslange vriende ontmoet het. Die skool het my as mens gevorm en my soveel selfvertroue geleer. Ek voel en ervaar dat dissipline baie verbeter het deur die jare.” Sy het in 2015 matrikuleer en was betrokke by atletiek, netbal, landloop en revue.

Meer Rustie Nuus

Eeufees Gala-aand

Eeufees Gala-aand

Hoërskool Rustenburg Eeufees Gala-aand Kom vier 100 jaar saam by ons spoggerige Eeufees Gala-aand met vermaak deur Bottomless Coffee. Waar: Hedgehog's Nest, Rustenburg Wanneer: 28 Oktober 2022 Tyd: 18:30 vir 19:00 Bespreek by Nerina Odendaal -...

read more
Immergroenfees en Massareünie

Immergroenfees en Massareünie

Die naweek van 2 – 3 September 2022 het die Rusties hulle 100ste bestaanjaar op die regte wyse gevier ! Vrydagaand, 2 September 2022, het die Rusties hulle Eeufeesmassareünie gehou waar daar oor die 1 300 oud-Rusties opgedaag het om saam met mekaar te kuier. Dit...

read more